Cookie Consent

By clicking “Accept”, you agree to the storing of cookies on your device to enhance site navigation, analyze site usage, and assist in our marketing efforts. View our Privacy Policy for more information.

Persoonlike Korttermynversekering

Die doel van versekering is om jou in dieselfde posisie te plaas as waarin jy was voordat ‘n verlies gely is. Korttermynversekering beskerm jou besittings teen verliese wat jy weens onvoorsiene gebeure kan ly.

Ons bepaal al jou versekeringsbehoeftes en hanteer alle eise en verhalings en loop die eksta myl sodat jy minimale administrasie en onderhandelings het.

Kry 'n kwotasie

.Dekking

Huishoudelike goedere en persoonlike besittings, soos meubels en klerasie, word in jou private woning teen versekerde gebeurtenisse gedek.

Kry 'n kwotasie

Huisinhoud

001

Die geboustruktuur van jou private woning en alle vaste items binne die struktuur, soos vaste matte, ingeboude kaste en warmwatersilinders, word gedek teen verlies of skade wat gely word a.g.v. versekerde gebeurtenisse, soos brand, ontploffing, natuurrampe en inbraak.

Kry 'n kwotasie

Geboue

002

Items wat jy gewoonlik dra of buite jou private woning met jou saamneem, soos brille, handsakke en horlosies, word teen toevallige skade of diefstal gedek.  Items met ‘n baie hoë waarde, soos juweliersware, fietse, kameras, selfone en skootrekenaars, moet apart gespesifiseer word ten einde dekking te hê.

Kry 'n kwotasie

Alle Risiko

003

Motors word teen ongelukskade, brand, diefstal en derdepartyskade gedek, afhangende van die dekkingsopsie wat jy gekies het.

Kry 'n kwotasie

Motors

004

Motorfietse word teen ongelukskade, brand, diefstal en derdepartyskade gedek, afhangende van die dekkingsopsie wat jy gekies het.

Kry 'n kwotasie

Motorfietse

005

Watervaartuie en die gespesifiseerde toerusting en bybehore daarvan word teen ongelukskade, brand, diefstal en derdepartyskade gedek, afhangende van die dekkingsopsie wat jy gekies het.

Kry 'n kwotasie

Watervaartuie

006

Nie-gemotoriseerde voertuie wat ontwerp is om deur ‘n motorvoertuig gesleep te word, soos woonwaens en sleepwaens, word teen ongelukskade, brand, diefstal en derdepartyskade gedek, afhangende van die dekkingsopsie wat jy gekies het.

Kry 'n kwotasie

Woonwaens

007

Persoonlike ongevalle bied dekking in die geval van ongeskiktheid of dood wat deur ‘n toevallige besering of ongeluk veroorsaak is.

Kry 'n kwotasie

Ongevalle

008

Persoonlike aanspreeklikheid dek toevallige beserings of skade ten opsigte van ‘n derde party wat deur jou nalatigheid veroorsaak is.

Kry 'n kwotasie

Aanspreeklikheid

009

Wonder jy of
dit gedek
kan word?

Stuur gerus jou versoek om uit te vind of dit wat jy in gedagte het, gedek kan word. Een van ons spanlede sal jou kontak om jou versoek te bespreek.

Stuur Versoek
Thank you! Your submission has been received!
Oops! Something went wrong while submitting the form.

Kontak ons

010